Roses

Events: Sterre & Planete, die roos konstellasie

24 Feb 2018 - 24 Feb 2018


“Kom reis deur die ruimte saam met Hennie Maas, RSG se STERRE & PLANETE omroeper en ontdek ons asemrowende sonnestelsel en leer meer oor die roos ster konstellasie “Rosette Nebula”.

Kyk van naderby na die Aarde se son en maan, verken die planete en die Melkweg, en vind uit hoe ruimtevaarders aan boord van ’n ruimtestasie leef.

Geniet ‘n impakvolle lesing oor sterre en planete, gevolg deur aand ete van Lasagne & slaai en dan ‘n verkenning deur ‘n teleskoop in die buitelug.

Die lesing begin 18:30 in die saal by Ludwig’s Rose en daarna sal almal na buite toe gaan om die sterre hemel te beskou.

Kontant kroeg beskikbaar.
Bring jou eie verkykers ook saam as jy het!

R200 p/p
Vul asb hierdie vorm in om jou plek te bespreek.

Vir meer inligting kontak events@ludwigsroses.co.za

of Tel: 012 5440144